De Plattekloof Verkoop Soos Soetkoek!

Binne slegs 30 dae nadat die eksklusiewe leefstyllandgoed De Plattekloof bekend gestel is, is altesame R56 miljoen se eiendom reeds verkoop. De Plattekloof is teen die hange van die Tygerbergheuwels in Plattekloof geleë, en is vir mense van 50 jaar en ouer. Dit word deur Arun Lifestyle ontwikkel, gerugsteun deur Arun Holdings en Old Mutual.…