Binne slegs 30 dae nadat die eksklusiewe leefstyllandgoed De Plattekloof bekend gestel is, is altesame R56 miljoen se eiendom reeds verkoop. De Plattekloof is teen die hange van die Tygerbergheuwels in Plattekloof geleë, en is vir mense van 50 jaar en ouer. Dit word deur Arun Lifestyle ontwikkel, gerugsteun deur Arun Holdings en Old Mutual. Luidens ’n verklaring van die ontwikkelaars is 20 transaksies binne die eerste 30 dae op De Plattekloof gedoen. In die daaropvolgende 20 dae is ’n verdere R25 miljoen se huise en woonstelle verkoop. Daar is dus in minder as twee maande R81 miljoen se eiendom op De Plattekloof verkoop.
Uitstekende ligging Volgens Johan Laubscher van Arun Lifestyle kan die groot belangstelling in De Plattekloof toegeskryf word aan die uitstekende ligging van die landgoed en die premium-aanbiedings en geriewe wat kopers ontvang. “Die feit dat die landgoed teen die hange van die Tygerbergheuwels gebou word, beteken dat dit werklik ongelooflike uitsigte op Tafelberg en Robbeneiland bied. “Kopers kan kies tussen huise en woonstelle waarin hulle onafhanklik kan woon, sowel as bystandseenhede met gedeeltelike of heeltydse versorging. Die sorgsentrum op die landgoed, wat deur Medwell SA bedryf sal word, sal aan inwoners gesondheidsorgdienste bied wat volgens individuele behoeftes aangepas kan word. Dit bied nie net gemoedsrus nie, maar maak die landgoed ook meer gesog,” sê Laubscher.
Koop met oog op toekoms “Bygesê, De Plattekloof lok aktiewe en gesonde kopers wat op ’n luukse leefstyllandgoed met baie goeie sekuriteit en geriewe wil woon. Hierdie kopers hou egter daarvan dat die nodige gesondheidsorg op die perseel beskikbaar is wanneer hulle dit in die toekoms gaan nodig hê.”
Volgens Laubscher is daar ’n baie groot vraag na goeie aftreeverblyf in die Wes-Kaap, maar die aanbod van luukse leefstyl landgoedere is egter beperk. De Plattekloof voorsien beslis in hierdie vraag – iets wat duidelik weerspieël word in die vinnige verkope, sê hy. Die vyfster-oordomgewing op De Plattekloof sluit ’n klubhuis in met ’n verskeidenheid geriewe en aktiwiteite soos brug, leesplekke, musiek, ’n stapklub, fliek- en teateraande, sowel as georganiseerde uitstappies. ’n Restaurant, kroeg, biblioteek, haar- en skoonheidsalon en ’n koffiewinkel is deel van die ontwikkeling. Buiten vir toe gang tot hoëspoed-internet, kan inwoners ook van ’n pendeldiens met gholfkarretjies op die landgoed gebruik maak. De Plattekloof is naby aan die Tygerberg-natuurreservaat geleë, en inwoners het ook maklike toegang tot die N1-snelweg. “Geoordeel aan die belangstelling en verkope, lyk De Plattekloof voorwaar na die voorkeurleefstyllandgoed,” sê Laubscher.
De Plattekloof Verkoop Soos Soetkoek!
De Plattekloof bied drie soorte aftreewonings vir kopers en beleggers:
Twee en drieslaapkamerhuise waarin kopers onafhanklik kan woon, maar van die geriewe en dienste van die aftreeoord kan geniet. Die huise word van die plan af verkoop en sal gehalteafwerkings soos Smegtoebehore hê. Luukse een- en tweeslaapkamerwoonstelle vir inwoners wat net die deur agter hulle wil toetrek wanneer hulle uitgaan. Die eerste woonstelkompleks sal as Lebenstijn bekend staan. Kopers sal uit ’n wye spektrum gesondheids, spysenierings en skoon maakdienste kan kies om by hul leefstyl te pas. Die fokus is deurgaans op gehalteafwerking.
Bystandseenhede in die hoofgebou, Tijgerzicht, is vir afgetredenes wat nie meer alleen kan woon nie. Die eenhede bestaan uit onderskeidelik ateljee- en eenslaapkamereenhede, sowel as eenhede met twee slaapkamers. Nooddienste en gesondheidsorg sal 24 uur per dag beskikbaar wees. Etes word voorsien, ’n skoonmaak en wasgoeddiens is beskikbaar, en gesondheidsorgpersoneel besoek inwoners daagliks. Hier is ook ’n sorgsentrum vir verswaktes met 12 beddens.
Verkoopspryse
Die drie soorte aftreewonings op die leefstyllandgoed word as volg bemark:
- Die bystandeenhede in Tijgerzicht: vanaf R1 203 000
- Luukse woonstelle in Lebenstijn: vanaf R2 250 000
- Twee en drieslaapkamerhuise: vanaf R3 627 000
Jou Kontak
Besoek De Plattekloof se verkoopskantoor op Saterdae en Sondae van 14:00 tot 17:00. Op weeksdae is dit slegs per afspraak. Bel Dawid Prinsloo by 060 960 0100, of stuur epos na live@deplattekloof.co.za om ’n afspraak te maak.