Die ontwikkelaars van die leefstyllandgoed De Plattekloof glo dat ’n persoon se aftrede gekenmerk moet word deur luuksheid en vryheid. Dit moet ’n voortsetting en viering wees van die lewe waaraan jy reeds gebou het.
Dit is dan ook op hierdie uitkyk en benadering tot aftrede waarop elke aanbieding binne hierdie luukse, vyfster-aftreeontwikkeling geskoei is.
Kopers wat in De Plattekloof wil belê, kan uit van die volgende eiendoms-opsies kies:
De Plattekloof se luukse bystandseenhede, Tijgerzicht, bestaan uit ’n versameling van studio-, een- en tweeslaapkamereenhede wat so ontwerp is om moeiteloos by jou veranderende gesondheidsorg-behoeftes in te skakel gedurende jou aftrede.
Die verkoopspryse van dié eenhede begin by R1 406 000 en sluit die oordragskoste in.
Die Diemerskuijl-woonstelle is só ingerig om die vryheid van ’n onafhanklike lewenstyl te vier op elke moontlike wyse. Afgetredenes wat in dié eiendomme belê kan die leefstyl van hul keuse leef deur middel van die toegang wat hulle kry tot verskeie sosiale geriewe en aktiwiteite oor die landgoed heen.
Diemerskuijl bestaan uit studio-, sowel as een- en tweeslaapkamerwoonstelle. Die woonstelontwerp en dekor is kontemporêr en al die eenhede is ingerig ten einde die inwoners toe te laat om ’n onafhanklik te leef.
’n Hele reeks gehalte- afwerkings rond die prentjie af. Die verkoopspryse van die woonstelle begin by R1 596 000.
De Plattekloof se versameling moderne en ruim twee- en drieslaapkamerhuise is die ideale keuse vir afgetredenes wat steeds ten volle selfversorgend is, en hul uitgebreide en luukse lewenstyle in hul aftrede wil voortsit. Die verkoopspryse van die huise begin by R4 995 000.
Kopers en beleggers wat in die leefstyllandgoed De Plattekloof belê, kan ook na die volgende kenmerke uitsien:
’n Uitsonderlike ligging
Die landgoed is geleë teen die hange van die Plattekloof-heuwels in die noordelike voorstede van Kaapstad.
Inwoners hier het nie net onverbeterlike uitsigte op Kaapstad self nie, maar woon ook in ’n rustige omgewing met ’n gerieflike ligging. Die inwoners van De Plattekloof het maklike toegang tot die N1-snelweg, en dan van daar die stadskom, Century City, die lughawe, sowel as die Kaapse Wynland en die strande aan die westelike kusgebiede.
Gehalte-gesondheidsorg
Die sorgdienste op De Plattekloof word deur Medwell SA bestuur, en is gebaseer op baie meer as net fisieke versorging.
Die ontwikkelaars van De Plattekloof glo dat gesondheidsorgdienste só uitgebrei moet word om die keuses en gevoelens van die inwoners te respekteer. Daarbenewens moet dit ook kommunikasie met familielede insluit, sowel as die verskaffing van kundige mediese advies en inligting. Die versorgingspan moet ook ervare en professionele mense wees wat omgee.
Heeltydse veiligheid
Veiligheid speel ’n uiters belangrike rol om inwoners daardie gemoedsrus te gee dat hulle sonder enige kommer oor hul eie persoonlike veiligheid kan leef.
’n Omvattende en wêreldklas-sekerheidstelsel word oor die landgoed heen gebruik ten einde die inwoners van die landgoed ten volle te beveilig. Dit sluit onder meer in: Heeltydse, bemande veiligheid met ’n gewapende reaksiediens; biometriese toegangsbeheer en besoekerbestuur; sowel as termiese kameras waarmee die perseel
gemonitor word.
Jou kontak: Vir meer inligting oor die ontwikkeling of om ’n private toer te bespreek, bel Dawid Prinsloo op 060 960 0100 of stuur e-pos na live@deplattekloof.co.za.