De Plattekloof-leefstyllandgoed bied ’n vyfster-leefstyl met ouderdomsgepaste versorgingsdienste.
Welkom by die Kaap se voornemende aftree-adres: De Plattekloof-leefstyllandgoed. Dié landgoed is geleë in Plattekloof, een van die topdrie-omgewings in die noordelike voorstede. Hierdie landgoed bied aan inwoners ’n vyfster-leefstyl, uitsonderlike gesondheidsorg, asook fisieke en finansiële sekerheid.
De Plattekloof is trots daarop om verskeie keuses van wonings aan te bied – van bystandeenhede tot onafhanklike leefstylwoonstelle en voortreflike huise. Dié landgoed is een van die min leefstylgeoriënteerde aftreeskemas in die Wes-Kaap wat voorsiening maak vir ouderdomsgepaste sorg. Dit het nie net ’n eersteklassorgsentrum op die gronde nie, maar bystandeenhede ook.
De Plattekloof spog tans met die volgende uitstekende elemente:
Voleienaarskapskema:
Dit beteken dat, anders as lewensregskemas, jy eintlik die eiendom besit en voordeel trek uit die kapitaalgroei daarvan. As dit bereken word oor ’n tydperk van 10 jaar kan dit ’n beduidende komponent behels wat by jou boedel gevoeg kan word. Dit kan ook as ’n belegging deur jou kinders gehou word en verhuur word anders as lewensregskemas.
Bystandeenhede:
Tijgerzicht is reeds 75% uitverkoop en voltooi. Die sorgsentrum binne hierdie ontwikkeling is reeds voltooi en bied 12 beddens asook groot gemoedsrus.
Onafhanklike leefstylwoonstelle:
Woonstelle in Bloemendal, Lebenstijn en Diemerskuijl is 100% uitverkoop en voltooi. De Hoogekraal is in Oktober 2022 bekendgestel en is alreeds 60% uitverkoop. Bouwerk sal na verwagting in die eerste kwartaal volgende jaar voltooi wees. De Hoogekraal bied een- en tweeslaapkamerwoonstelle en groter onafhanklikheid gedurende jou aftrede. Jy kan skakel met eendersdenkende afgetredenes en jy kan aansluit by stimulerende gemeenskapsbedrywighede wat hope pret inhou.
Huise:
Daar is 45 voltooide huise in die mark geplaas waarvan slegs 22 oorblywend is om te koop.
Voornemende kopers kan gerus met Dawid Prinsloo in verbinding tree by 060 960 0100 of stuur e-pos na live@deplattekloof.co.za.
Besoek ook hul webtuiste by www.deplattekloof.co.za.