De Plattekloof bied kopers op soek na verblyfopsies vir hul aftrede, ’n verskeidenheid van ruim moderne tweeen drieslaapkamerhuise. De Plattekloof-landgoed is geleë teen die sagte hange van Tygerberg-heuwels. Kom ervaar asemrowende uitsigte van Tafelberg en Robbeneiland, waarvan jy nooit genoeg sal kry nie, by hierdie pragtige aftree-landgoed. Die gerieflike, sentrale ligging maak dit vir kopers moontlik om hul goue jare in gemak en styl te geniet.
Hierdie oase van vreedsaamheid en sorgvrye leefstyl is bestem om die Wes-Kaap se voorkeur aftreebestemming te word. Huise in dié leefstyllandgoed is ontwerp in die eiesoortige argitektoniese styl van die Kaapse streek, geïnspireer deur die natuurlike skoonheid van die omliggende omgewing en geposisioneer vir maksimum blootstelling aan die son en uitsonderlike uitsigte op Tafelbaai. Die huise word saamgeweef deur ’n besonderse netwerk van wandelpaaie deur ontwerpte tuine wat ’n veilige en rustige buurt skep. Hoewel ’n gevoel van gemeenskaplikheid gekweek word, behou inwoners hulle eie privaatheid.
Die huise word deur ’n betroubare boukontrakteur gebou met luukse afwerkings van net die beste gehalte, wat strek van kleibaksteenmesselwerk tot aluminiumvensters. Beleggers kan kies uit ’n reeks afwerkings om hul huise te verpersoonlik. Inwoners sal totale gemoedsrus kan geniet met ’n uitgebreide verskeidenheid van eersteklas- geïntegreerde veiligheidsmaatreëls, wat insluit 24-uur-bemande-beveiliging en patrollies, ’n portierdiens, deurlopende toegangsbeheer, deurlopende toesig op die terrein met regstreekse kringtelevisiemonitering, periferale bewaking van elektriese heining (waaronder daar nie kan gegrawe word nie) asook ’n gewapende reaksieeenheid.

Gesondheidsorg is een van die mees noodsaaklike vereistes vir ’n aftreeoord en De Plattekloof spog met ’n wye reeks uitsonderlike gesondheidsorgdienste wat voorsiening maak vir die spesifieke behoeftes en omstandighede van die landgoed se inwoners. Die dienste sluit in ’n 12-bedsorgsentrum (beskikbaar vanaf November 2017), toegang tot die 24-uur-noodoproepstelsel, mediese ondersoek voor aanvang van verblyf en een jaarlikse toelating tot die sorgeenheid teen verminderde koste.
Daar is ook opsies beskikbaar vir bykomende besondheidsorgdienste teen ekstra kostes. Fase een van die ontwikkeling is reeds bekendgestel. Indien jy in dié idilliese leefstyl belangstel, sal jy dus spoedig moet navraag doen. Vir meer inligting, besoek gerus www.deplattekloof.co.za of stuur e-pos na live@deplattekloof.co.za. Besigtigingstye is weeksdae slegs per afspraak en naweke, Saterdae en Sondae tussen 14:00 en 17:00.