Ligging, leefstyl en gemoedsrus. Dít is waarna kopers soek as hulle in ’n eiendom vir hulle aftrede wil belê. En dit is presies wat die eksklusiewe leefstyllandgoed De Plattekloof sy inwoners bied, sê Gerhard Fryer, De Plattekloof se ontwikkelingsbestuurder. Dié landgoed vir mense van 50 jaar en ouer word teen die hange van die Tygerbergheuwels in Plattekloof ontwikkel, en is vroeër die maand amptelik bekend gestel. De Plattekloof word deur Arun Lifestyle ontwikkel, gerugsteun deur Arun Holdings en Old Mutual. Volgens die ontwikkelaar is daar reeds enorme belangstelling in dié nuwe aftreeplek. Die bekendstellingsnaweek (6 en 7 Mei) alleen het sowat 270 voornemende kopers gelok. Daar is reeds ’n ten volle gemeubileerde skouwoonstel wat besigtig kan word. Meer as 100 belangstellendes het ook intussen, oor die afgelope twee naweke, die landgoed besoek. Op De Plattekloof se webwerf het 324 voornemende kopers al gaan registreer om meer inligting oor die ontwikkeling te kry.
Goeie aftreegeleenthede is skaars
Volgens Fryer het die Wes-Kaap homself reeds as ’n voorkeurstreek bewys en stroom mense van oor die land heen die afgelope paar jaar hierheen opsoek na ’n gehalteleefstyl. Dit geld vir die aftreemark ook, sê hy. “Beskikbare voorraad op aftreelandgoedere is beperk en daar is gewoonlik lang waglyste.
Nuwe aftreeontwikkelings is ook skaars en verg deeglike beplanning en finansiering. Die kopers in dié mark wil verkieslik die eiendomme eers sien of die gemoedsrus hê dat die projek wel voortgaan, en dat hulle binne ’n bepaalde tydperk sal kan intrek. Dit opsigself maak dit moeiliker vir ontwikkelaars,” sê Fryer. “De Plattekloof word egter gerugsteun deur Old Mutual, en het dit moontlik gemaak dat ons eers met die bouwerk kon begin totdat ons gevoel het dit is nou die regte tyd om te begin verkoop.”
Jou aftrede, jou voorkeure
Volgens Fryer speel ligging ’n belangrike rol omdat kopers naby aan hul families wil wees. Gemoedsrus is ook ’n groot faktor. “Paartjies ondervind dikwels dat die een vinniger as die ander verswak, en daarom is dit belangrik om voorsiening te maak. “By De Plattekloof kan jy ’n onafhanklike eiendom koop en binne jou nuwe tuiste deur Medwell SA versorg word – sonder enige ongerief. Ons bystandseenhede voorsien weer in verdere behoeftes. Ons glo dat goeie gesondheidsorg, wat volgens individuele behoeftes aangepas kan word, belangrik is.” Goeie sekuriteit is ook ’n hooffaktor wanneer kopers op ’n aftree-eiendom besluit. Volgens Fryer het De Plattekloof ’n geïntegreerde sekerheidsplan waar tegnologie en heeltydse bemanning ingespan word. Navorsing dui daarop dat die aftreemark ook al hoe meer klem op leefstylaspekte lê, voer Fryer verder aan. “De Plattekloof is geensins anders nie. Inteendeel, ons kopers beskou hierdie ontwikkeling as ’n ideale leefstyllandgoed. Hulle kan nou al hier kom woon, met die gemoedsrus dat die landgoed ook in hulle latere behoeftes sal voorsien.”


Dít kan jy hier verwag
Daar is drie soorte wonings:
- 57 twee en drieslaapkamerhuise waarin kopers onafhanklik kan woon, maar van die geriewe en dienste van die aftreeoord kan geniet. Die eerste 15 huise word nou van die plan af verkoop en sal gehalteafwerkings soos Smegtoebehore hê. Die groottes wissel tussen 129 m² en 169 m².Verkoopsprys: vanaf R3 627 000.
- 98 luukse tweeslaapkamerwoonstelle vir inwoners wat net die deur agter hulle wil toetrek wanneer hulle uitgaan. Die eerste twee woonstelkomplekse sal as Lebenstijn en Bloemendal bekend staan. Kopers sal uit ’n breë spektrum van gesondheids, spysenierings en skoonmaakdienste kan kies om by hul lewenstyl te pas. Al die woonstelle is groter as 70 m².Verkoopsprys: vanaf R2 250 000.
- 114 bystandseenhede in die hoofgebou, Tijgerzicht, vir afgetredenes wat nie meer alleen kan woon nie. Hierdie eenhede bestaan uit onderskeidelik eenman en eenslaapkamereenhede, sowel as eenhede met twee slaapkamers. Inwoners het toegang tot ’n heeltydse nooddiens. Hier is ook ’n sorgsentrum vir verswaktes met 12 beddens. Medwell SuidAfrika sal vir die primêre gesondheidsorgdienste verantwoordelik wees.Verkoopsprys: vanaf R1 203 000.
Jou Kontak
Besoek De Plattekloof se verkoopskantoor op Saterdae en Sondae van 14:00 tot 17:00. Op weeksdae is dit slegs per afspraak. Bel Dawid Prinsloo by 060 960 0100, of stuur epos na live@deplattekloof.co.za om ’n afspraak te maak.