Bouwerk aan De Plattekloofleefstyllandgoed vorder goed met Fase 1 wat reeds voltooi is en wat bestaan uit ’n sorgsentrum, Tijgerzicht, en luukse woonstelblokke, Lebenstijn en Bloemendal. Van hierdie eenhede word reeds bewoon en ander verwelkom binnekort nuwe inwoners. Die eerste vrystelling van die huise sluit in meestal tweeslaapkamerhuise met twee badkamers, ’n enkelmotorhuis en ’n parkeerplek buite. Daar word tans gewerk aan Fase 2 wat sal bestaan uit ’n reeks van onafhanklike woonhuise en woonstelle. Kopers wat belangstel in woonhuise het ’n keuse van verskillende huisgroottes.
Dié woonhuise word op ’n deeltitelbasis verkoop en erfgroottes wissel tussen 240 m² en 356 m² met huisgroottes van tussen 130 m² en 175 m². De Plattekloof-leefstyllandgoed, ’n projek, gerugsteun deur Old Mutual, word beskou as een van die mees gesogte leefstylaftreeoordskemas in die Wes-Kaap. Dié eksklusiewe landgoed bied aan kopers vyfster-afwerkings wat insluit Hansgrohe-krane, raamlose glasstortdeure, Geberitingeboude toilette, kombuisopper- vlakke van vervaardigde klip, Smeg-oond en vinielvloere.
In die leefvertrek is daar lugversorging en veselkabel word gratis geïnstalleer vir WiFi en DStv. Die sentrale ligging van die landgoed bied maklike toegang tot die N1- en N7-snelweë. Dit is ook naby verskeie winkelsentrums en minder as ’n halfuur uit die Kaapse middestad. Vir ’n ontspanne wandeling in die natuur is die Tygerberg-natuurreservaat ook digby. Aan gesondheidsdienste is daar geen tekort nie met ’n gratis mediese evaluasie voor okkupasie, kliniekdienste, 24-uur-noodoproepstelsel en ander bykomende gesondheidsorgdienste wat ook op die landgoed beskikbaar is. Medwell is ’n De Plattekloofdiensverskaffer wat die gesondheidsentrum bestuur en wat beskik oor ’n praktyknommer vir tuisverpleging by die mediese fondse. Vir verdere mediese sorg is Mediclinic Panorama net om die draai.
Ander ontspanningsgeriewe is die Bellville-gholfklub, De Grendel-wynlandgoed en die Planet Fitness-gimnasium vir die fikses. De Plattekloof-leefstyllandgoed, is ’n beveiligde landgoed met 24-uur-kameramonitering, voltydse wagte, streng toegangsbeheer en ’n gewapende reaksie-eenheid. Tijgerzicht se eetkamer en sitkamer is onlangs voltooi en gemeubileer deur die welbekende Niche Interiors. Belangstellendes word uitgenooi om dié vyfsteromgewing en die asemrowende uitsigte van Tafelberg en Robbeneiland te kom geniet.
Voornemende kopers wat belangstel in eiendomme in dié prima-leefstyllandgoed kan vir Dawid Prinsloo kontak by 060 960 0100. Besigtigingstye is vanaf 10:00 tot 17:00 op weeksdae en vanaf 14:00 tot 17:00 oor naweke. Vir meer inligting besoek www.deplattekloof.co.za of stuur e-pos na live@deplattekloof.co.za.

